Welkom by iConnect
By iConnect wil ons hê dat dit moet voel asof jy tuis gekom het - dat daar dadelik ‘n "connection" sal wees.
Ons wil graag soos Jesus wees, doen soos Jesus doen, en mense saamneem op ons reis - maak nie saak waar jy nou op jou reis is nie.
Eredienstyd
Sondae 9:00
Hier is ontstellende inligting: 67% van verbandhouers het nog steeds verband skuld met aftrede; 53% geskeide persone het konflik in hulle huwelike beleef as gevolg van finansies; 46.4% van mense het ‘n slegte rekord by krediet buro’s; Gedurende Oktober 2011 alleen, is daar 42 526 siviele bevele uitgereik vir slegte skuld; huishoudings bestee 70% van hulle maandelikse inkomste aan die betaling van skuld; in vandag se Beeld word gesê dat 79% van SA huishoudings finansieël onstabiel is; net 6% van pensionarisse het genoeg gespaar in hulle leeftyd om dieselfde lewens standaard te handhaaf wat hulle met aftrede gehad het…
Die waarheid is dat ons verdrink in skuld. Ons kan nie kop-bo-water hou nie. Ons is meer onder die golwe as daarbo.
Die vraag is: wat sou Jesus vandag vir ons gedoen het? Ek dink Hy sou ons vry wou sien. Hy sou by ons kom stilstaan het en ons gehelp het om vry te kom sodat ons kan leef.
“Skuldvry” is ‘n 7 week DVD gebasseerde kleingroep kursus wat jou sal leer hoe om dit in jou eie lewe ‘n werklikheid te maak. En wat ons gaan doen, is om maar net te gaan kyk na die beginsels wat die Een aan Wie alles behoort, vir ons gegee het. Begin “surf!”
| Ons dominee |
| Wat glo ons |
| Konnect |
| Gesin Konnecters |
| "Teachings" 0 - 4 Jaar |
| "Teachings" 5 Jaar - Gr 6 |
| Tieners |
| Foto's |
| Video's |